Totale diamantproduksie tot dusver vanjaar op 1,547m karaat

Namibië het ‘n toename van 33 persent in diamantproduksie vir die derde kwartaal vanjaar aangeteken met 531 000 karaat wat geproduseer is teenoor 399 000 die vorige jaar. Dit is volgens die jongste syfers wat deur Anglo American gedeel is. Die toename in die land se produksie is verder versterk deur die ingebruikneming van die 7 miljard Namibiese dollar diamant herwinningsvaartuig, Benguela Gem, wat in Maart vanjaar ingewy is. Van die land se produksie in die derde kwartaal het Anglo se mariene bedrywighede deur Debmarine 423 000 karaat geproduseer, terwyl produksie van sy landgebaseerde bedrywighede by Namdeb op 108 000 beloop het. Tot dusver vanjaar is daar deur Debmarine en Namdeb 1,547 miljoen karaat geproduseer.