Uitdagings met die voorsiening van chroniese medikasie in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanspreeklik gehou word, sou van die pasiënte wat chroniese medikasie neem nie bedien word nie. Pasiënte wat hulle chroniese medikasie by ‘n mobiele gesondheidskliniek ontvang, is gestrand omdat hul geskeduleerde mobiele kliniek vir drie agtereenvolgende weke nie opgedaag het nie. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, John Tibane, stel dit pasiënte bloot aan die moontlikheid dat hulle uiteindelik geen medikasie neem nie: