Total onttrek fondse aan Mianmar-weermag

Mianmar se weermag het ‘n broodnodige verskaffer van inkomste verloor, berig internasionale nuusagentskappe. Die Franse energiereus, Total, het aangekondig dat hy kontantbetalings aan sy gesamentlike vennoot, die weermag, weens die geweld in die land gaan stopsit.