DA: Zuma mors hof se tyd

Die DA sê oud-president Jacob Zuma mors die hof se tyd nadat hy gesê het die aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag, Billy Downer, is nie onafhanklik of onpartydig nie. Die verhoor teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal tot 19 Julie uitgestel. Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met die omstrede wapentransaksie van miljarde Namibiese dollar. Die DA-parlementslid Glynnis Breytenbach sê Zuma speel vir tyd.