Renosterkalfie nog vermis

‘n Beloning van 50 000 Namibiese dollar is deur ONE Namibia uitgereik vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en die skuldigbevinding van renosterstropers. Twee renosters is tussen 16 en 17 Mei op die plaas Ghaub in die Tsumeb-distrik gestroop en die horings is verwyder. ‘n Kalfie van 18 maande oud word nog vermis. Intussen is ‘n helikoptersoektog afgelas, maar daar word steeds per voet na die kalfie gesoek.