Tosco en vennote maak skoon

Die eerste Tosco skoonmaak veldtog was volgens berigte suksesvol. Die inisiatief is ‘n gesamentlike aksie van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, die Recycle Namibia Forum, Eco Awards Namibia en die Recycle Lab. Stedelike en landelike gebiede is volgens Louze Kloppers van Tosco, deel van die veldtog soos sy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.