So lyk tuisonderrig

Covid-19 het die wêreld verander, maar mense is aanpasbaar en die pandemie het talle bestaande tendense ‘n hupstoot gegee en ook nuwes geskep. Baie ouers en voogde wat nooit voorheen tuisonderrig oorweeg het nie, is nou gretig om vas te stel of dit vir hulle gesinne kan werk. Die skrywer van tuisonderrigleerplanne, raadgewer en aktivis, Shirley Erwee, sê die aantal tuisleerders in Suid-Afrika en in die res van die wêreld het die afgelope jaar drasties toegeneem.

Erwee sê baie gesinne doen tuisonderrig omdat dit soveel voordele het..