Tories het die ekonomiese chaos veroorsaak

Die Internasionale Monetêre Fonds het die regering van die Verenigde Koninkryk se planne om belastings te verlaag deur dit met skuld te befonds, gekritiseer en sê dit kan ongelykheid bevorder. Die VK se minister van Finansies, Kwasi Kwarteng, het verlede week aansienlike belastingverlagings aangekondig, onder andere die skrapping van die hoë koers wat topverdieners betaal. Die leier van die opposisie, die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê die regerende Tories het beheer oor die ekonomie verloor.