Kinders by ‘n Joodse sekte in Mexiko gered

Kinders en tieners is by ‘n Joodse sekte in ‘n oerwoud in Mexiko gered ná ‘n klopjag deur die polisie. Twee lede van Lev Tahor is in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel en ernstige seksuele misdrywe, insluitend verkragting, het Israel se ministerie van buitelandse sake gesê. Lev Tahor, Hebreeus vir Suiwer Hard, is bekend vir ekstremistiese praktyke. Die sekte ondersteun kinderhuwelike, straf lede vir selfs geringe oortredings en vereis dat vroue en meisies so jonk as drie jaar oud heeltemal met klere bedek wees. Dit het die groep die bynaam Joodse Taliban besorg, weens die oënskynlike ooreenkomste met die kleredragkode wat afgedwing word deur die Sunni-Moslem-ekstremistiese groep wat Afghanistan beheer.