Tom Alweendo sê Duitsland is gemeenskaplike vyand

Die stryd vir herstellende geregtigheid vir die volksmoord moenie landgenote teen mekaar laat draai nie, maar moet hulle verenig teen hul gemeenskaplike vyand, Duitsland. Dié pleidooi kom van die Namibiese minister van myne, Tom Alweendo in die Nasionale Vergadering tydens die volksmoord-debat. Alweendo is ontsteld oor die wyse waarop die debat tot dusver verloop het. Hy sê die debat het verdelend geraak, en in ‘n moddergooiery ontaard geword. Harald Hecht van die Duitssprekende Namibiërs-forum het op Alweendo se kommentaar gereageer.