Nuwe wending in Thembisa-tienling-sage

Independent Media het vandag ‘n verslag bekend gemaak waarin bevestig word die Tembisa-tienling se ma was wel swanger en het onlangs ‘n keisersnee gehad. Tydens die nuuskonferensie het ‘n verloskundige en ginekoloog, dr. Mpho Pooe, bevestig Gosiame Sithole het geboorte gegee. Daar word ook beweer agt van die babas het oorleef, maar is van haar weggeneem. Independent Media sê daar is ‘n groot toesmeerdery en vra ‘n misdaadondersoek. Die Gautengse regering sê hy beplan regstappe teen die mediagroep oor sy bewerings.