SA onderwysminister bekommerd oor matrieks van 2021

Die Suid-Afrikaanse onderwysminister, Angie Motshekga, sê sy is bekommerd oor die welstand van die 2021 matriekklas. Sy sê dis die eerste groep matrikulante wat twee akademiese jare in een jaar moes voltooi, na hulle amper ‘n hele jaar van klastyd verloor het, weens die Covid-inperkings verlede jaar. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.