Toivo Ya Toivo se standbeeld môre op Ondangwa-lughawe onthul

Die standbeeld van Namibië se held van die vryheidstryd, Andimba Toivo Ya Toivo sal môre by die Ondangwa-lughawe onthul word. Adjunkpresident Nangolo Mbumba sal teenwoordig. Toivo Ya Toivo is op die ouderdom van 93 op 9 Junie 2017 oorlede. Die lughawe is in 2019 na hom vernoem omdat hy naby Ondangwa gebore is. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.