Voedselsekerheid kan net met wêreldsamewerking bereik word – Saara

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die styging in voedselpryse maak dit onmoontlik vir talle regerings in armer lande om voldoende voorraad te bekom, veral vir lande wat staatmaak op groot hoeveelhede invoere. Die organisasie sê die hoeveelheid voedselonsekermense het sedert 2020 van net meer as 600 miljoen mense tot by 850 miljoen mense gestyg. Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila sê sekuriteit moet vir almal bekom word en daarom met lande saamwerk.

Sy sê klimaatsverandering is ook ‘n uitdaging en Namibië het reeds strategieë in die verband daargestel.