Rugby: Stormers gereed vir Zebre

Rugby: Die Stormers hoop op ‘n derde agtereenvolgende oorwinning in die Verenigde Rugby-kampioenskap wanneer hulle Saterdag teen Zebre in Parma te staan kom. Die verdedigende kampioene het hulle seisoen begin met twee tuis-oorwinnings en die volgende deel van hulle veldtog is ‘n toer van drie wedstryde. Die Kaapstadse span is in Italië vir die wedstryd teen Zebre, waarna hulle na Wallis sal vertrek vir kragmetings teen die Ospreys en Cardiff. Die Stormers se verdedigings-afrigter, Norman Laker, sê Zebre is ‘n baie beter span hierdie seisoen.