Toilettekorte lei tot siektes

Die adjunk-gesondheidsminister Ester Muinjangue sê die 6 517 gevalle van hepatitis E wat sedert Desember 2017 in Namibië aangemeld, en waar 55 gesterf het, is aangedryf deur swak higiëne. Sy sê gemiddeld meer as die helfte van die Namibiese bevolking het geen toegang tot toilette nie en gebruik dus die veld, wat ‘n negatiewe uitwerking het op openbare gesondheid. Dit is nie net mense gesondheid wat geraak word. Die tonnemaat wat daagliks in en om die hoofstad bygevoeg word, vloei uiteindelik in veral die Swakoppoortdam in en daarom is die dam so besoedel. Muinjangue sê verder die Erongo-streek het sedert Oktober verlede jaar 1 334 gevalle van diarree met bloed aangemeld, met vier sterftes aangeteken. Sy sê die streek het in dieselfde tydperk amper 20 000 gevalle van diarree sonder bloed aangemeld en dit wek groot kommer.