Toetse loop goed vir reuse-passasiersboot…

Royal Caribbean International se Icon of the Seas, die wêreld se grootste passasierskip, het sy eerste stel toetse ter see voltooi. Die skip is 365 meter lank en sal tot sowat 250 800 ton weeg. Die Icon sal die wêreld se grootste waterpark ter see, met ses rekord-waterglybane hê, en 20 dekke wat oor 28 verskillende soorte akkommodasie beskik. Icon of the Seas, wat van volgende jaar Januarie af in die Karibiese See sal vaar, sal gemaklik sowat 5 610 passasiers en 2 350 bemanningslede aan boord kan huisves.