Toeriste uit Botswana stroom na Namibië

Verlede jaar het President Hage Geingob aangekondig dat Namibiese en Botswana-burgers binnekort hul identiteitsdokumente as reisdokumente tussen die twee lande gaan gebruik. Dit is nog nie geïmplementeer nie, maar Namibië het volgens ‘n plaaslike toergids, veral tydens die feesseisoen in die kusstreek, baie besoekers van Botswana ontvang. Toergids Joseph Kafuna sê aan Kosmos 94.1 Nuus busse van Botswana het Namibië ingestroom.