Cosatu is verheug oor vehoging van minimum loon

Die vakverbond Cosatu is verheug oor die regering se besluit om ‘n agt persent verhoging in die minimum loon in te stel. Cosatu sê dit sal broodnodige verligting bring vir miljoene werkers. Die algemene sekretaris Solly Phetoe sê Cosatu dring egter steeds aan op ‘n tien persent verhoging in die minimum loon. Phetoe sê dit sal baie werkers help wat sukkel om te oorleef.