Toeriste se visumstempels in Pretoria met visumplakkers vervang

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat die Namibiese hoëkommissariaat in Pretoria, Suid-Afrika, begin het met die uitreik van visumplakkers vir toerisme-doeleindes. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Sakeus Kadhikwa, sal die visumstempels met visumplakkers vervang word en in Pretoria uitgereik word. Hy bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus dat dié dienste reeds in werking is.