Namibë en EU bespreek groen waterstof-projek  

Namibië en lidlande van die Europese Unie voer vandag in die hoofstad politieke dialoog waartydens die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op EU-lande doen om verdere samewerking op die gebied van groen waterstof-ontwikkeling te versterk. Sy sê energiesekuriteit is die sleutel vir volhoubare ontwikkeling, en daar is groot potensiaal wat voorlê, aangesien sowat 60 persent van Afrika steeds nie toegang tot elektrisiteit het nie. Nandi-Ndaitwah sê terwyl die wêreld voorberei vir die Verenigde Nasies se Klimaatskonferensie, COP27, sal Namibië ook poog om samewerking met die internasionale gemeenskap te versterk om die impak van klimaatsverandering te versag.