Londoloza-projek takel geslagsgeweld in SA

Die Sake-ontwikkelingsentrum van uitnemendheid en die veiligheidsektor se onderwys en opleidings-owerheid stel vandag die Londoloza-vennootskap teen geslagsgeweld in die buurland bekend. Die projek se woordvoerder, Nadine Blom, sê die baanbreker-onderneming beoog om bewustheid te skep en gemeenskappe te beveilig. Sy sê die vennootskap gaan ‘n netwerk van werklose jeug skep en toerus met geslagsgeweld-bewustheidsvaardighede om hulself en hul gesinne te beskerm, asook om gemeenskappe in 45 munisipale gebiede te leer om hulleself teen dié pandemie te beskerm.