Toeriste oortree wéér parkreëls in Etosha

Toeriste in die Etosha Nasionale Park oortree weer die reëls deur hul voertuie te verlaat, bo-op voertuie se dakke te sit of by vensters uit te hang. ‘n Voorval is aan park-owerhede aangemeld waar ‘n toeris bo-op ‘n bakkie met ‘n Windhoekse registrasienommer se dak sit waar ‘n leeu skaars 20 meter verder aan ‘n vangs lê en eet. Die Namibiese omgewingsministerie waarsku dat dit nie net teen die parkreëls is en boetes aan skuldiges opgelê kan word nie, maar dat lewens in gevaar gestel word.