SA moet beter vervoerminister kry

Die Stad Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê President Cyril Ramaphosa moet ‘n operasioneel-aktiewe nuwe minister van vervoer aanstel. Quintas meen Ramaphosa het die geleentheid om volgende jaar ‘n meer geskikte minister van vervoer vir sy kabinet te kies indien vervoerminister Fikile Mbalula sy pos verlaat. Mbalula het aangedui hy sal moontlik bedank. Quintas sê die plaaslike en nasionale regerings moet sinergie vind om die land se vervoer-uitdagings op te los.