Koning Charles skop glo vir Andrew uit Buckingham-paleis uit

Koning Charles III het volgens berigte sy broer, prins Andrew, weens die Epstein-seksskandaal uit Buckingham-paleis geskop. Die 62-jarige Andre word nie meer toegelaat om vanuit ‘n kantoor in die paleis te werk nie. Hy mag die paleis nie eens meer as ‘n adres gebruik nie. Dit blyk egter of hy die Royal Lodge in Windsor, wat 31 slaapkamers het, vir eers kan hou. Andrew het vroeër vanjaar miljoene betaal in ‘n skikking buite die hof aan Virginia Giuiffre wat hom van seksuele mishandeling beskuldig het, te midde van bewerings dat sy een van sy vriend Epstein se sekshandel-slagoffers was.