Toerisme verloor miljarde in 2020

Die Bank van Namibië het ‘n peiling in die plaaslike toerisme bedryf uitgevoer en luidens sy verslag verwag die meerderheid van die maatskappye dat die bedryf nie die jaar enige noemenswaardige herstel sal toon nie. Volgens die bank het 64 persent van die respondente gesê hulle is positief oor die toekoms terwyl 25 persent gesê het hulle is nie. Namibië het aan die begin van 2020 tussen 1,5 en 2 miljoen besoekers geteiken. ‘n Skamele 38 674 internasionale besoekers het in die land aangekom, 82 persent minder as in 2019. Besoekers uit die streek het van meer as 270 000 tot net meer as 49 000 gedaal. In 2020 is groei in hotelle en restaurante op minus 33 persent aangeteken en die land het 3,2 miljard Namibiese doller verloor tydens die jaar, teenoor syfers wat in 2019 gemeet is.