NBC-staking: Napwu hou eie perskonferensie

Die bestuur van die nasionale uitsaaier die NBC het gister ‘n perskonferensie gehou oor die finansiële stand van sake by die korporasie. Daar is bekend gemaak dat inkomste by die uitsaaier tans op ongeveer 6 miljoen doller maandeliks is maar dat uitgawes meer as 32 miljoen doller beloop. Die subsidie van die regering vir die huidige finansiële is ook met ongeveer 62 persent besnoei. Intussen het die werknemers aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle sal aanhou staak tot hulle kry wat hulle toekom. Vandag om 10-uur sal die betrokke vakbond, Napwu, sy eie perskonferensie voor die NBC se kantore in die hoofstad hou.