Toerisme-syfers vertoon goed vir 2021

Die Namibiese toerisme ministerie het die toerisme verslag vir 2021 vanoggend bekend gestel. Volgens die minister, Pohamba Shifeta, het Namibië meer as 270 000 besoekers in 2021 verwelkom teenoor 192 000 in 2020. Die meerderheid van die besoekers, 86 persent, was toeriste, met 62,8 persent wat afkomstig was van Suid-Afrika, Duitsland en Zambië. Kenners in die bedryf meen dat vanjaar nog beter sal vertoon omdat syfers reeds baie goed lyk, veral nou met hoogseisoen wat aangebreek het.