Westerse sanksies teen Rusland dalk voordelig vir Afrika

Die sanksies teen Rusland hou moontlik ‘n groot voordeel vir die Afrika-vasteland in, in beide olie en gas. Duitsland kyk reeds na Nigerië vir gasbronne en op die oomblik, wil dit voorkom asof beleggings van tot 100 miljard Amerikaanse dollar op die vasteland beplan word, waaruit Namibië ook voordeel kan trek. Maar, die koste van ontwikkeling en ontginning kan uitdagings veroorsaak, soos die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper verduidelik.