Toerisme-statistieke vir Oktober lyk belowend

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die toerisme-akkommodasie-statistieke vir Oktober 2021 bekend gestel met ‘n gemiddelde kamerbesetting van 34 persent regoor die land. Sedert die begin van die piektoerismeseisoen in Julie, het besetting met 12 persent in Julie tot net onder 20 persent in Augustus toegeneem, en 27 persent in September tot 34 persent in Oktober. Oktober vanjaar se besettingsyfers is meer as dubbeld van Oktober verlede jaar se 14,45 persent. Gitta Paetzold van die verening, gee die statistieke.