Prasa skors sy groepshoof

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het bevestig sy groepshoof, Zolani Matthews, is geskors. Prasa sê dit hou verband met ‘n beweerde sekerheidsbreuk en ander kontraktuele verpligtinge wat met sy indiensnemingskontrak verband hou. Die raad sê die organisasie se bedrywighede sal nie benadeel word nie en ‘n waarnemende uitvoerende hoof sal binnekort aangewys word.