Kommer oor gesondheidsrisiko’s weens uraan-ontginning

Rakende die uraan-ontginning in die Leonardville-omgewing, het die Kankervereniging van Namibië sy kommer uitgespreek oor potensiële gesondheidsrisiko’s as gevolg van voortdurende blootstelling aan radioaktiewe materiaal en gepaardgaande swaarmetale-inname. Die vereniging waarsku teen verhoogde risiko’s van limfoom, leukemie, skade aan stamselle binne-in beenmurg, beenkanker, weefsel- en orgaanskade. Rolf Hansen van die Kankervereniging sê die impak van onveilige uraan-ontginning is ‘n groot risiko vir ons gesondheids.