Toerisme: regering moet tafel toe kom

Daar is groot druk op die Namibiese toerismebedryf met lande wat verskeie nuwe Covid-19-regulasies vir hulle burgers ingestel het om na ons land te reis. Volgens Gitta Paetzold hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Gasvryheidsvereniging moet die regering en ander relevante instansies nou die bedryf bystaan in hierdie moeilike en onseker tye.