Minister deel haar Copps-ervaring

Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge die Windhoekse Stadspolisie, G4S Namibië, Auas Motors, Minet Namibië Insurance Brokers and E-Med Rescue 24 was Vrydagaand oudergewoonte tussen agtuur en middernag op grondvlak in die hoofstad bedrywig. Die Namibiese minister van jeug-, sport- en nasionale dienste, Agnes Tjongarero was Vrydagaand die gas. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor haar ervaring.