Toegang tot inligting wetsontwerp weer ter tafel gelê

Die toegang tot inligting wetsontwerp is onlangs in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê deur die minister van inligting Peya Mushelenga. Die wetsontwerp word as uiters belangrik geag, veral deur die media maar, dit het ook kritiek uitgelok. Die bespreking van die dokument is ook verskeie male vertraag. Zoë Titus van die Namibiese Mediatrust sê dit is verblydend dat die wetsontwerp weer in die parlement is.