Altesaam 5 266 gevalle van geslagsgeweld landwyd aangemeld

Generaal-majoor Joseph Shikongo het vandag die Namibiese polisie se geslagsgeweld aksieplan en bewusmakingsveldtog in die Ohangwena-streek van stapel gestuur. Hy het gesê 5 266 gevalle van geslagsgeweld is tydens die 2020-2021 finansiële jaar landwyd aangemeld. Hy sê voorvalle van geslagsgeweld het die tweede meeste in die Ohangwena-streek voorgekom.