Bouplanne vertoon eintlik redelik goed, meen ekonoom

Reaksie word ontvang op die jongste bouplanne wat in September deur Stad Windhoek goedgekeur is. ‘n Totaal van 72 huise is gedurende die maand voltooi met ‘n waarde van net meer as 75 miljoen Namibiese dollar. Maar, terwyl die mark vir wonings steeds rondom die miljoen dollar-kerf bly, lyk die bouplanne van die hoofstad redelik goed, volgens die plaaslike ekonoom Klaus Schade…