Toe grenspos bring verliese vir vervoermaatskappye

Die Vioolsdrift-grenspos het gisteroggend weer oopgemaak nadat dit ‘n dag en ‘n half weens ‘n Covid-19-geval gesluit was. Dit het egter ‘n groot opeenhoping van voertuie by Namibië se suidelike grens veroorsaak. Die Uitvoerende Hoof van FP du Toit Transport, Stephan Terblanche, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as ‘n logistieke maatskappy se vragmotors staan, is dit ‘n groot finansiële verlies. Hy sê as die wiele nie draai nie, is daar nie ‘n inkomste is nie. Dit veroorsaak ook ongerief vir lorriedrywers en kliënte is ontevrede wat lank vir hul produkte moet wag.