Skoolseun steek meisie se hare aan die brand

‘n Kaapstadse skoolseun is geskors na aanleiding van ‘n video waarin ‘n meisie se hare aan die brand gesteek word. Die voorval het glo Maandag by die Hoërskool Belgravia in Athlone plaasgevind terwyl die onderwyser nie in die klaskamer was nie. Daar word gesien hoe ‘n seun ‘n aansteker by ‘n ander kind neem, vloeistof oor ‘n meisie se hare gooi en dit aan die brand steek. Hy blus daarna die vlamme met sy hande terwyl die ander kinders lag. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê daar sal ‘n dissiplinêre verhoor wees.