Toerismebedryf verheug oor oop Kasane-grenspos

Die Namibiese toerismebedryf is verheug dat die Kasane-grenspos met Botswana oop is vir reisigers. Die buurland het die grens oopgemaak. Gitta Paetzhold, Uitvoerende Hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat toegang vir toeriste nou makliker na die Zambezi-streek verkry kan word. Sy sê egter vlugte na Katima Mulilo bly steeds uitdaging.