TLU SA geskok ook 2,7 moorde per uur in SA

Die buurland se landbou-organisasie TLU SA beskryf Suid-Afrika se jongste moord-statistiek as malligheid. Die polisieminister Bheki Cele, sê 5 760 mense is tussen Januarie en Maart vanjaar in die land vermoor, wat ‘n toename van 66,2 persent teenoor dieselfde drie maande van verlede jaar is. Hy skryf verlede jaar se laer syfer toe aan die streng inperking. TLU SA se president, Henry Geldenhuys, vra hoe dit aanvaarbaar kan wees dat misdadigers 2,7 mense per uur vermoor. Hy het President Cyril Ramaphosa weer gevra om die polisie van wanbestuur en korrupsie te suiwer deur van Cele ontslae te raak.