Inskrywings oop vir nie-winsgewende universiteit

Die University of the People het wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, sy inskrywings geopen vir die 2021-2022 akademiese jaar. Dit is die eerste nie-winsgewende, onderrigvrye, Amerikaans-geakkrediteerde aanlyn universiteit. Die universiteit sê dit is ‘n baie eenvoudige onderrig-vrye hoër onderwysmodel, waar die meeste van die koste ten opsigte van universiteitsbywoning verwyder is. Hy sê daar is ‘n eenmalige aansoekfooi van ongeveer 880 rand. Aan die einde van elke kursus is daar ‘n assesseringsfooi van 1 800 rand vir voorgraadse kursusse en 3 500 rand vir nagraadse kursusse.