Outjo-vuur onder beheer

Die vuur wat net wes van Outjo Sondag uitgebreek het, is onder beheer gebring. Gelukkig is die omvang van die skade net 300-hektaar. Die omliggende gemeenskap het almal hand bygesit. Volgens Henning Lambert, die boer op wie se plaas die brand ontstaan het, is dit veroorsaak deur houtskool vervaardiging. Lambert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.