TLU bekommerd oor arrestasie van boere

Die Transvaal Landbou-unie sê die inhegtenisname van verskeie boere landwyd nadat hulle hulself teen wetsoortreders beskerm het, is onder sy aandag gebring. Die president, Henry Geldenhuys, glo die regsproses is die pad byster as wetsgehoorsame boere nou in die spervuur is. Hy sê boere moet hulself en hul eiendom kan beskerm as dit onwettig betree word. Volgens Geldenhuys gaan hulle die minister van justisie, Ronald Lamola, nader om die erns van die situasie onder sy aandag te bring: