Taxi-fooie is steeds dieselfde

Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het weer beklemtoon dat daar geen styging is in taxi-fooie nie. Dit volg nadat een van die vakbonde Nabta, gesê het fooie moet met 15 persent opgestoot word as gevolg van die stygende brandstofprys. Julius Ngweda, skakelbeampte by die ministerie het dit weer aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.