IPC in Swakop sê Itula moet kom

Lede van die Independent Patriots for Change-party in Swakopmund vra dat die partyleier, Panduleni Itula hulle op 2 November kom toespreek. Dit volg na ‘n dispuut in die party ontstaan het en Ciske Howard-Smith, die raadslid van die Swakopmund kiesafdeling geskors is. Die party se woordvoerder Christine Aochamus het bevestig dat daar geen formele kommunikasie van die kus af ontvang is nie. Die partylede het in Swakopmund vergader om die kwessie in verband met Howard-Smith te bespreek. Dit is nie die eerste keer wat daar onenigheid in die IPC is nie en dit is ook nie die eerste keer wat partylede summier geskors word nie. Daar is ook voorheen aantygings gemaak dat Itula se leierskapstyl soos ‘n diktatorskap is en dat net sy insette tel.