SA het erge tekorte aan ambulanse

Die Progressiewe Gesondheidsforum in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die tekort aan ambulanse in dele van die land. Die Departement van Gesondheid het die tekort grootliks toegeskryf aan instandhouding en herstelwerk. Tans is daar meer as 700 ambulanse buite werking. Die forum se woordvoerder, Adrienne Wulfsohn, sê dit het ‘n groot uitwerking op dienslewering. Sy sê daar is ‘n gebrek aan behoorlike beplanning aan die regering se kant: