Tjombe sê polisielede druk Hendrina se familie om saak te laat vaar

Die menseregte prokureur Norman Tjombe, wat optree namens die familie van Hendrina Amupolo, sê die polisie probeer hulle oortuig om die siviele saak te laat vaar. Die nege-jarige Amupolo is op Plot K11 net buite Mariental in Mei dood na sy raakgery is op ‘n landery deur die groenskemaboer Johan Meyer. Meyer is aangekla op ‘n klag van strafbare manslag en is uit op 3 000 dollar se borg. Tjombe het aan die polisie-hoof inspekteur-generaal Joseph Shikongo geskryf om hom van die aantygings teen die lede van die mag, in te lig. Tjombe sê dit is dieselfde beamptes wat verklarings by die familie moes verkry. Tjombe het in Augustus ‘n siviele eis van 10 miljoen dollar teen Meyer in die hoërhof gebring.