Tjombe se Johan Meyer-saak sal op 2 Nov. bemiddel word

Die siviele regsgeding wat die menseregte-prokureur Norman Tjombe namens die ontslape nege-jarige Hendrina Mupolo aanhangig gemaak het, sal nie vandag soos voorheen berig was nie, maar op 2 November weer voorkom, vir bemiddeling. Hoërhofregter Collins Parker het die datum bepaal. Tjombe werk op ‘n pro-bono basis en dagvaar Johan Meyer, wat klagte van strafbare manslag in die dood van Hendrina in die gesig staar, vir ‘n bedrag van 10,1 miljoen Namibiese dollar vir emosionele skade en mediese koste vir berading. In sy stukke sê Tjombe dat beide Mupolo se ouers emosionele skok en erge trauma ervaar het, en dus vra hy 5 miljoen dollar namens elke ouer. Hy eis ook 50 000 dollar die berading en 10 000 dollar vir die dogtertjie se begrafnis. Hy voer aan dat Meyer onregmatig opgetree het en ‘n aanranding uitgevoer het, wat  gelei tot Mupolo se dood. Meyer word verteenwoordig deur Krüger, Van Vuuren & Company.