Kaapstad werk aan eie energie, wat ook skoner is

Die Stad Kaapstad sê hy is besig om programme gereed te kry om die diversifisering van energie vir skoner, goedkoper bronne moontlik te maak en groen ekonomiese groei te bevorder. Die stad se doelwit is om die voorste beleggingsbestemming vir hernubare energie in Suid-Afrika te word. Die stad se woordvoerder, Beverley van Reenen, sê hulle visie is om ‘n klimaats-veerkragtige, hulpbron-doeltreffende en koolstofneutrale stad te wees wat ekonomiese groei bevorder sodat werk inklusief geskep word: